Livigno - Italie

Prosima Fermata, Baita Confortola! (Next stop, Challet Comfortable)
So is ek en n paar vriende noudie dag Italie toe vir n ski vakansie. Ek bevestig graag dat ski inderdaad soos fietsry is - mens verleer dit nie (so ook snowboard). Die Italianers het hul kookkuns weer en weer bewys met fantastiese Carbonara's en baie dik steaks en ons het onsself knuppel dik geeet.
Die slopes is wyd en mooi gekam en daar was baie min mense op. Dit was veral lekker vir die beginners onder ons.
Ek se dankie aan die ander 4 muskutiers wat my vergesel het op die wonderlike vakansie.
Groetnis



